Vrees vir besoedeling by Richardsbaai

Gure weersomstandighede belemmer opruimingswerk by Richardsbaai, waar die vragskip MV Smart ʼn week gelede gestrand het. Owerhede is besig om duisende ton olie uit die vragskip na ʼn veilige houer te pomp. Dié proses kan na beraming omtrent ʼn week lank duur.

East Coast Radio berig dat die proses erg bemoeilik word deur slegte weerstoestande. Beamptes van die departement van omgewingsake is aangesê om voortdurend oor die vragskip te vlieg en die wrak te monitor.

Hulle het ook spesiale opvanghouers rondom die wrak geplaas om die kuslyn te beskerm sou daar enige besoedeling tydens die herwinningsproses plaasvind.

Zolile Nqayi, ʼn woordvoerder van die departement van omgewingsake, het aan East Coast Radio gesê hulle kan nie in die stadium presies sê hoe lank die herwinningsproses gaan duur nie.

Die MV Smart vervoer sowat 150 000 ton steenkool, meer as 1 700 ton brandstof en 129 ton dieselolie.

Lees ook:
Noodplan vir gestrande skip by Richardsbaai
Foto’s: Gestrande skip erg beskadig
24 gered na nóg ‘n skip strand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.