Vrese oor nasionalisering van myne moontlik binnekort besweer

Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne

Beleggers se vrese dat Suid-Afrika sy myne moontlik gaan nasionaliseer sal glo later dié maand tydens ʼn ANC-konferensie besweer word, het minister Susan Shabangu Dinsdag gesê.

Ondersteuners van nasionalisering van radikale elemente in die ANC die afgelope twee jaar het beleggers besorg gelaat en dit word as die sleutelrede beskou waarom dié sektor nie voldoende buitelandse kapitaal ontvang het nie, berig The New Age.

Luidens ʼn studie deur die ANC in Februarie sal nasionalisering op ʼn “ondeurdagte ramp” afstuur. Shabangu, minister van minerale hulpbronne, het Dinsdag in haar toespraak by ʼn sakeskool in Johannesburg gesê die uiteindelike besluit van samesprekings weens nasionalisering sal tydens die ANC se beleidskonferensie, wat op 26 Junie begin, aangekondig word. Shabangu het reeds haar verset teen nasionalisering uitgespreek.

Ondersteuning vir nasionalisering het effens verswak nadat Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga geskors is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.