Vreugdevure brand steeds hoog na Goue Leeus se Curriebeker-oorwinning

Die Goue Leeus na hul oorwinning oor die Haaie in die Curriebeker. Foto: SAPA

Vreugdevure brand steeds hoog in Gauteng nadat die Goue Leeus die Haaie met 42-16 oorwin het om ʼn 12-jaar lange droogte te verbreek.

Die Goue Leeus het die verdedigende Curriebeker-kampioene op sy tuisveld in Johannesburg geklop. Dit was die eerste keer in 61 jaar wat die Goue Lees daarin kon slaag om die Curriebeker-reeks op hulle tuisveld te wen. Die Goue Leeus het drie drieë gedruk teen die Haaie se een. Die Leeus se losskakel Elton Jantjies het gewys wat in hom steek deur 24 punte vir sy span aan te teken. Hy is as speler van die wedstryd aangewys. Die Leeus was rustyd reeds met 19-6 voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.