Vriendinne sedert Maandag vermis

Twee 15-jarige vriendinne van Bronkhorstspruit, Casey-Jean Moorcroft en Simone Lubbe, word sedert Maandag vermis. Die twee meisies was die laaste keer in hul skooluniforms gesien.

Daar word vermoed dat hulle na Alberton of Germiston geryloop het. Moorcroft het swart hare, bruin oë, is 1.6m lank en weeg sowat 51kg. Sy het ʼn neusring, oorbelle en naeltjieringe. Sy het ook ʼn tatoe op haar maag. Lubbe het bruin hare, bruin oë en is skraal gebou.

ʼn Vermistepersone-saak is deur albei meisies se ouers by die polisie oopgemaak. Mense met inligting oor waar hulle hulself mag bevind, kan die Bronkhorstspruit-polisie skakel by 013-932-9200.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.