Vrieskas-baba sterk aan

Argieffoto

ʼn Pasgebore babadogtertjie, wat Saterdag in ʼn vrieskas in Daveyton, Johannesburg, opgespoor is, sterk in die hospitaal aan.

Kaptein Alfred Nakana, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê inwoners het Saterdagoggend die baba hoor huil en ondersoek ingestel, waarna hulle op haar afgekom en die polisie ontbied het. Haar naelstring was nog aan haar vas gewees.

“Die babatjie toon goeie vordering en sal na verwagting vandag [Woensdag] uit die hospitaal ontslaan word, waarna sy na ʼn plek van veilige bewaring geneem sal word,” het Nakana gesê.

Volgens Nakana is die baba se ma, ʼn 32-jarige vrou, Dinsdag in hegtenis geneem. Sy word onder andere van kindermishandeling aangekla. Die vrou moet Woensdag in die Benoni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louisa ·

Goeie hell!!!! sluit haar toe , maak haar onvrugbaar !!! geen verskoning is hier regverdig nie !!!

HELENA SEABORNE ·

kindermishandeling. wat se snert is dit. die ding mut teregstaan vir poging tot moord en in i vrieskas gedruk word om self te vrek.

Dee Dee ·

Vrek? jis jong, ‘n baba los om te vrek? sies jy praat vieslik hoor.

Sandy ·

@dee dee die vrek was nie bedoel vir die baba nie maar vir die moeder. Want geen moeder sal haar kimd in n yskas sit om dood tegaan nie. Doodgaan is n vreedsame manier. Sy het die baba daar ingesit en haar gedagtes was nie vreedsame dood nie.

Marie Kennedy ·

Dit is so hartseer om te lees, om te dink dat ‘n mens, ‘n ma so min kan omgee vir haar eie kind. Hoe kan mens vir ander omgee as jy nie eers vir jou eie kind kan omgee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.