Vrieskasmoord: Boer se naam bekend

Argieffoto

Die polisie in Queenstown ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n boer in ‘n vrieskas opgespoor is.

“Die liggaam van Dudley Buss, ‘n plaaswinkeleienaar van Braamneck, is Maandagoggend opgespoor,” het lt. Pumzile Makaula, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Plaaswerkers en familielede van die oorledene en lede van die polisie het Buss se huis deursoek, maar hulle kon hom nie opspoor nie, berig AlgoaFM. Hulle het toe ondersoek gaan instel by die klein plaaswinkel wat hy bedryf het.” Buss (67) se liggaam is in die vrieskas opgespoor. Maroela Media het vroeër hieroor berig. Klik hier om die artikel te lees.

Buss het alleen op sy plaas gebly.

“Die oorsaak van sy dood sal bepaal word sodra die nadoodse ondersoek afgehandel is,” het Makaula bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.