Vrieskasmoord: Verdagte vas

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dudley Buss, ʼn boer van Queenstown, wie se liggaam vroeër die week in ʼn vrieskas opgespoor is.

Buss (67) se liggaam is Maandagoggend in die vrieskas van sy winkel op sy plaas Braamneck in Queenstown gevind. Buss se kinders en werkers het op sy liggaam afgekom. Hy het alleen op die plaas, sowat 35km buite Queenstown, gebly. Luit. Pumzile Makaula, woordvoerder van die polisie, sê die 23-jarige verdagte sal Maandag in die Queenstown-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die polisie soek steeds na ʼn moontlike medepligtige.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.