Vrou (51) pleeg selfmoord op N1-hoofweg

ʼn Vrou het Sondag op die N1-hoofweg buite Bloemfontein selfmoord gepleeg deur eers voor ʼn vragmotor in te ry en toe sy die ongeluk oorleef het, voor ʼn kleiner vragmotor ingehardloop het, berig Volksblad.

Nicolene Hugo (51), vrou van Dawie Hugo, hoof van die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein, het glo Sondagoggend ontsteld hul huis verlaat nadat sy ʼn uitval gehad het met hul oudste dogter. Hugo was glo ʼn erge depressielyer. Hugo het Sondagoggend omstreeks 11:30 by die Werde/Vergunning-kruising, sowat 50km buite Bloemfontein, voor ʼn swaarvragmotor ingedraai. Die vragmotor het egter uitgeswaai en haar wit Nissan-bakkie net skrams getref. Hugo het egter kort hierna voor ʼn kleiner aankomende vragmotor ingehardloop. Hugo word oorleef deur haar man en twee dogters.

Lees volledige berig hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.