Vrou (65) vermoor, man gewond tydens huisroof

ʼn 65-jarige vrou is vermoor en haar man gewond deur gewapende rowers in Roossenekal in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Ronel Otto, sê drie mans het Dinsdagaand omstreeks 21:00 ʼn huis binnegegaan waar hulle ʼn groep mense oorrompel het terwyl hulle televisie gekyk het. Sydney Peters (67) en sy vrou, Lorraine was in hulle kamer en is deur die geraas wakker gemaak. Toe die paartjie in die gang afbeweeg om te kyk wat aangaan is talle skote in hulle rigting afgevuur. Otto sê Lorraine is op die toneel dood nadat sy in die kop en bors getref is. Haar man het wonde aan sy been en hand opgedoen. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die rowers het met drie selfone, ʼn skootrekenaar en juwele op die vlug geslaan. Die Peters het ʼn huis gedeel met ander gesinne naby die De Hoop Dam. Hulle was glo werknemers van ʼn maatskappy wat konstruksiewerk doen by die dam. ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.