Vrou (70) sterf na skok van huisroof

ʼn Bejaarde vrou van Bedfordview aan die Oos-Rand is dood nadat sy en haar man deur drie rowers oorval en vasgebind is.

LookLocal berig dat die vrou glo deur drie mans van die winkel na haar huis in Klopperpark agtervolg is. Die mans het ʼn geweer en messe uitgeruk en die vrou, haar man en twee huiswerkers vasgebind. Sers. Mduduzi Nhlabathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die rowers het met die egpaar se motor, televisie en ander huishoudelike goedere gevlug. Nhlabathi sê die man het kort nadat die rowers gevlug het besef sy vrou reageer nie. Sy is op die toneel dood verklaar. Nhlabathi sê die oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie. “Ons vermoed dat die vrou gesterf het weens skok wat deur die huisroof veroorsaak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.