Vrou aangerand wat nie in taxi wou klim

‘n Vrou van Kaapstad is deur ‘n taxibestuurder aangerand nadat sy glo geweier het om in sy voertuig te klim.

“Die voorval het omstreeks 17:00 Vrydag op die hoek van Eisleben en Lansdowneweg plaasgevind,” het Siphesihle Dube, woordvoerder van die ministerie van vervoer, gesê. Die vrou het glo aangedui dat sy wil saamry, en toe sy sien dat daar slegs manlike passasiers is, het sy om verskoning gevra en wou nie inklim nie, berig SowetanLive. Die taxibestuurder het toe glo op haar begin skree, uit sy taxi geklim en haar toe herhaaldelik met sy vuiste begin slaan. Hy het beweer sy “mors sy tyd” voordat hy weggery het.

“Die taxibestuurder is ‘n Xhosa-man wat ‘n wit Toyota Avanza of soortgelyke amaphela-tipe taxi met donker ruite bestuur,” het Dube bygevoeg.

Volgens Dube het die vrou kneusplekke aan haar gesig opgedoen, maar sy is nie na ‘n hospitaal geneem nie. “Dit is moeilik om presies te beskryf hoe afgryslik dié misdaad is,” het Hector Eliott, hoof van die ministerie van vervoer gesê. “Openbare vervoer moet vir almal veilig wees. Ons moet die taxibestuurder opspoor, en ek doen ‘n beroep op ooggetuies om na vore te kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.