Vrou aangeval, met strykyster gebrand

ʼn Verpleegster is met ʼn warm strykyster gemartel toe sy en haar kollega Woensdagaand by hulle woonstel in Daspoort, Pretoria aangeval is.

Kapt. Bonginkosi Amos Msimango, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 24-jarige verpleegster is deur vier mans oorval en vasgebind toe sy by die huis gekom het. Haar kollega en woonstelmaat (ook 24) is vroeër deur die mans oorval en vasgebind nadat hulle aan die deur geklop en sy oopgemaak het. Die verpleegster wat laaste by die huis gekom het, is met ʼn warm strykyster op haar ken en elmboog gebrand tot dat sy haar motor se sleutels aan die mans oorhandig het. Die mans het met ʼn skootrekenaar en die vrou se oranje Polo Vivo, registrasienommer BM 93 SR GP, gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.