Vrou adverteer baba op Gumtree

‘n 24-jarige vrou van Kaapstad het haar ongebore baba op die advertensie-webwerf Gumtree vir aanneming adverteer.

Die advertensie is op 17 April, vermoedelik deur ʼn vrou van Kuilsrivier, geplaas, het The Star Woensdag berig. Die adverteerder beskyf haarself as ʼn “pragtige swart vrou” en wou haar babatjie verkoop weens finansiële probleme en vir studiegeld. Teen Maandagaand het 88 mense die advertensie gelees. Die advertensie is egter teen Dinsdag verwyder.

Volgens die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling kon hulle nog nie die adverteerder opspoor nie. Hulle sê egter hulle het beamptes aangestel om advertensie-webwerwe dop te hou vir soortgelyke voorvalle.

Volgens die departement mag die proses van aanneming slegs deur die departement geskied. Aannemings mag ook nie geadverteer word nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ansie hamman ·

dis siek! sy moet opgespoor word en daai baba moet weggevat word , dis niks anders as handeldryf nie, hopelik gee hulle haar sommer n sterilisasie terwyl sy in die tronk sit, en die baba moet regmatig aangeneem word deur mense wat goedgekeur word deur die regte prosedures!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.