Vrou beseer in bootongeluk

nsri-logoʼn Vrou het byna haar been verloor toe twee bote Sondag op die Kromrivier in St Francisbaai gebots het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê nadat die twee bote gebots het die een bo-oor die ander een gegaan waarna die propeller die 25-jarige vrou se been getref het. ʼn Dokter, veearts en verpleegster wat in die omgewing was, het gehelp om die bloeding te stop. Die vrou is deur ʼn rivierboot na ʼn wagtende ambulans geneem. Lambinon sê nog mense is beseer maar dit is nog nie duidelik hoeveel of wat die omvang van hul beserings is nie. Hy sê die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Volgens ooggetuies was daar drie mense op die een boot en vyf op die ander een.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie ·

Hierdie tyd van die jaar is mense in ‘n feestelike stemming. Veiligheid verslap en moet juis opgeskerp word. Drank is ook die gevolge van baie onnodig ongelukke veral op ons paaie.
Spoedige herstel aan die beseerdes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.