Vrou beseer ná sy uit venster val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige vrou van Tongaat in KwaZulu-Natal het ernstige beserings opgedoen nadat sy deur ʼn oop venster van haar woonstel op die eerste verdieping geval het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval Donderdagaand omstreeks 20:00 plaasgevind.

“Paramedici het die vrou op die grond aangetref. Sy is op die toneel gestabiliseer en stewig op ʼn trauma-draagbaar vasgemaak voordat sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.