Vrou beskerm kind teen weghol swaarvoertuigbande

ʼn Vrou en haar kind is Dinsdagoggend beseer nadat hulle deur ʼn weghol swaarvoertuigband getref is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval in Mainweg, tussen Boksburg en Benoni, plaasgevind.

“ʼn Swaarvoertuig het in die straat gery toe twee van sy wiele meteens losgekom het,” het Jackson gesê. Die vrou en haar 3-jarige seun het langs die pad geloop en die bande het op hulle afgepyl. Die vrou het haar kind uit die pad gestamp en hom met haar lyf beskerm.

“Een van die bande het die vrou op haar heup getref en sy het geval. Sy het ook ʼn stamp teen die kop en skraapwonde aan haar hande opgedoen. Sy en haar seun is in ʼn stabiele toestand na die Tambo Memorial-hospitaal geneem. Die seun het skrape en kneuswonde opgedoen,” het Jackson gesê.

Die bestuurder van die swaarvoertuig is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.