Vrou byt verkragter se tong en vinger af

Die polisie in Mpumalanga soek na ʼn man wie tong en kleinvingertjie afgebyt is deur ʼn vrou wat hy verkrag het.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. David Mbenekazi, sê die vrou het Vrydag ʼn saamrygeleentheid gesoek na Carolina toe die man haar opgelaai het. Hy sê die man het die motor naby Mooiplaas stilgehou en die vrou met ʼn koeldrankbottel begin slaan. Hy het die vrou na ʼn nabygeleë bos gesleep waar hy haar verkrag het. Terwyl die man haar verkrag het, het hy haar probeer soen en het sy die helfte van sy tong afgebyt. Die man het weer na haar probeer gryp waarna die vrou sy kleinvingertjie aan sy regterhand afgebyt het en weggehardloop het. Die vrou is deur ʼn ander motoris na die Hendrina polisiestasie geneem waarna sy in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem is. Die polisie het ʼn saak van verkragting geopen. Die verdagte is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.