‘n Man van Mpumalanga is Dinsdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ‘n 81-jarige vrou verkrag en verwurg het.
Alex Sidumo (34), oorspronklik van Mosambiek, is in Nelspruit in die rondgaande hof van die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis, het ‘n Sapa-korrespondent berig. Hy is op 20 Februarie 2012 in hegtenis geneem.
Regter Colin Lamont het gesê alhoewel Sidumo skuld erken het, het hy nie berou getoon nie. “Ek moes vir jou ‘n minimumvonnis gee, maar aangesien jy nie enige berou getoon het nadat jy ‘n weerlose ou vrou verkrag, verwurg en vermoor het nie, vonnis ek jou tot lewenslange tronkstraf.”
Lamont sê DNS-toetse het Sidumo aan die slagoffer, Elisa Nokufa Mashele, verbind.
Landdros Thembeni Maenga het aan die hof gesê dit is nie die eerste keer wat Sidumo met die gereg bots nie. Sy het gesê hy is in 2007 aan diefstal skuldig bevind nadat hy op 7 November 2007 by ‘n huis ingebreek het. Hy is tot vier maande tronkstraf gevonnis wat vir vier jaar opgeskort is en is ‘n boete van R1 000 opgelê.
“Jou vrou was al ver swanger toe jy haar daardie aand gelos en die misdaad gaan pleeg het,” het Maenga gesê. Sidumo is getroud en het drie kinders tussen drie en ses jaar oud.
Sy vrou, Delsie Fakude (24) het buite die hof gesê sy is bly die “monster” is tronk toe gestuur. “Hy is ‘n monster, ‘n hond. Laat hy vrot in die tronk,” het sy gesê. -SAPA
Watse ge-minimum vonnis is dit in elkgeval – LEWENSLANK VIR ALLE VERKRAGTERS EN MOORDENAARS !
Welkom terug Trippie. Ek stem 100% saam jou.
;)