‘n Vrou is in ‘n ernstige toestand nadat sy Saterdag deur ‘n renoster by ‘n wildtuin in Roodepoort, Gauteng, aangeval is.
“Die renoster het die 24-jarige vrou met sy horing in die bors gesteek,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die vrou was in ‘n ernstige toestand en in erge pyn toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy is op die toneel stabiliseer en na die Netcare Krugersdorp-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Dit is nog nie duidelik wat tot die aanval gelei het nie.