Vrou deur vier rottweilers verskeur

Foto's: Netcare911

‘n Vrou veg om haar lewe in die Steve Biko-hospitaal nadat vier rottweilers haar Dinsdag op ʼn kleinhoewe in Garsfontein, Pretoria, verskeur het.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die vrou as ʼn huishulp gewerk by die perseel waar die voorval plaasgevind het. Sy was in die tuin besig toe die aggressiewe honde haar aangeval het. “Hulle het haar grond toe getrek en verskeur. Sy het hulle tevergeefs hulle met ʼn tuinslang probeer afweer,” sê Wicks.

ʼn Veiligheidswag wat in die omgewing was, het die vrou sê hulpkrete gehoor en daarin geslaag om die honde te verjaag. Paramedici is ontbied en het haar in ʼn kritieke toestand met veelvoudige ernstige wonde gevind. Sy is op die toneel gestabiliseer en daarna per helikopter vir verdere behandeling na die hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die vrou word in Netcare911 se helikopter gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Hoekom ‘n hele honderas veroordeel oor die aksies van ‘n spesifieke vier honde en hul onverantwoordelike eienaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.