Vrou deur vyf mans verkrag

ʼn Vrou is deur vyf mans verkrag terwyl sy op pad was om by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus te gaan registreer.

Ao. Mathew Nkoadi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou het omstreeks 3:00 Dinsdagoggend saam met vier vriende na die kampus geloop om in die ry te gaan staan om te registreer toe hulle deur vyf mans aangeval is. “Hulle het haar in die bosse ingesleep en verkrag.” Die slagoffer is van KwaZulu-Natal afkomstig. Die mans het die vrou ook van haar R1 000 registrasiefooi en ʼn selfoon beroof. Nkoadi sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.