Vrou dood, 110 gevang ná betogings in Fouriesburg

Foto: http://thediariesofavillageidiot.blogspot.com

ʼn Vrou is dood en 110 mense in hegtenis geneem in Fouriesburg tydens betogings die afgelope twee dae, het die Vrystaatse polisie Dinsdag gesê.

Sersant Majang Skalkie het gesê 105 mense is tydens die hernieude betogings Dinsdag in hegtenis geneem. Meeste persone wat in hegtenis geneem is, was besig om winkels in die plaaslike township geplunder. Vyf mense is Maandag in hegtenis geneem. Die lyk van ʼn 42-jarige vrou is in een van die winkels opgespoor. Die polisie vermoed dat sy vertrap is terwyl plunderaars voor die polisie gevlug het. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.

Inwoners het ook die pad tussen Fouriesburg en Bethlehem versper. Luidens berigte is hulle ongelukkig met ʼn plaaslike munisipaliteitsprojek wat werkers uit ʼn naburige munisipaliteit aangestel het. Die polisie hou die situasie dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.