Sersant Majang Skalkie het gesê 105 mense is tydens die hernieude betogings Dinsdag in hegtenis geneem. Meeste persone wat in hegtenis geneem is, was besig om winkels in die plaaslike township geplunder. Vyf mense is Maandag in hegtenis geneem. Die lyk van ʼn 42-jarige vrou is in een van die winkels opgespoor. Die polisie vermoed dat sy vertrap is terwyl plunderaars voor die polisie gevlug het. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.
Inwoners het ook die pad tussen Fouriesburg en Bethlehem versper. Luidens berigte is hulle ongelukkig met ʼn plaaslike munisipaliteitsprojek wat werkers uit ʼn naburige munisipaliteit aangestel het. Die polisie hou die situasie dop.