Vrou dood, man gewond in skietery

ʼn Vrou is dood en ʼn man gewond nadat hulle Vrydagaand verskeie kere geskiet is in Tongaat in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die vrou, in haar 20’s, is op die toneel dood verklaar terwyl die man in die hospitaal om sy lewe veg. Albei is verskeie kere geskiet. Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, kon nie dadelik bevestig wat gebeur het nie en sê meer besonderhede sal later bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.