ʼn Vrou is dood en ses mense beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het Maandag tussen Warden en Villiers omgeslaan het.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die polisie is steeds besig met die ondersoek.
“Die vrou was reeds dood toe paramedici op die toneel kom. Haar liggaam was onder die voertuig se wrak vasgepen. Die ander ses mense, waaronder kinders, is buite die voertuig aangetref,” het Steinmann gesê.
Die res van die passasiers is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem.