Vrou dood, ses beseer ná voertuig rol

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is dood en ses mense beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het Maandag tussen Warden en Villiers omgeslaan het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die polisie is steeds besig met die ondersoek.

“Die vrou was reeds dood toe paramedici op die toneel kom. Haar liggaam was onder die voertuig se wrak vasgepen. Die ander ses mense, waaronder kinders, is buite die voertuig aangetref,” het Steinmann gesê.

Die res van die passasiers is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.