Vrou doodgeskiet ná rooftog

Susan en Nico Nel. Foto: Facebook

Susan en Nico Nel. Foto: Facebook

Susan Nel (47) van The Reeds in Centurion is Saterdagaand langs haar man in hul motor in die kop geskiet en is later die aand in die hospitaal oorlede, berig die Centurion Rekord.

Volgens die berig het Susan en haar man, Nico (51), Saterdagaand vuurmaakhout gaan koop by die Phillips-kafee op die hoek van Panoramaweg en Yelandastraat toe ʼn man op hulle motor afgestorm het. Die man het ʼn skoot deur die bestuurderskant se venster geskiet en Susan is in die kop getref. Nico het met Susan na die Rooihuiskraal- mediese sentrum gejaag vanwaar sy na die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is. Volgens die berig is sy met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Volgens die polisie het ses mans die winkel beroof voor Susan geskiet is.

Lees meer hier.

BRON: Centurion Rekord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Al die misdaad, gewapende roof en moord, stem mens tot moedeloosheid en bykans paniek – veral as die omstandighede waarin die polisiediens tans verkeer, in aggeneem word.

Die polosiediens is tans self so deurspek met misdadigers wie op grond van leuens en bedrog in senior posisies gekom het buiten verder dat aanstellings deur die Owerhede in elk geval nie gedoen word op grond van kwalifikasie en ondervinding maar hoofsaaklik op grond van politieke-party verband en of jy ‘n ondersteuner van die Staatspresident is.

In kort, die polisiediens is moreelgesproke so swak en onbeholpe en gaan so mank aan ervaring, dat hulle geen veiligheid aan die inwoners van die land kan bied nie.

christine ·

Dit baie hartseer storie, Sterkte aan haar man en naasbestaandes. Sulke varke moet gehang word

Jaco Gericke ·

Ai julle dis vreeslik hartseer. In 2010 is ek ook in The Reeds in n gewapende huis roof gewees. Dank die HERE ons almal is ongedeerd insluitend twee kinders. Ons was met wapens gedreig en geslaan. Hulle het omtrent alles gevat maar ons lewe darem gespaar. WORD DIE MENSE NIE GEVANG NIE?

DIE SAPD WAS BAIE VINNIG BY ONS – MAAR NIKS……………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.