Vrou doodgeskiet op pa se begrafnis

Foto ter illustrasie. (Foto: Victoria Kure-Wu/Unsplash)

ʼn Vrou is Sondag tydens haar pa se begrafnis glo deur haar vervreemde man geskiet.

Phumeza Pepeta (45) was na bewering omstreeks 10:00 by ʼn begraafplaas in Kwanobuhle, buite Uitenhage in die Oos-Kaap, toe haar vervreemde man (55) haar genader het. Hy het ʼn skoot afgevuur en haar beseer.

Geen ander begrafnisgangers is tydens die voorval beseer nie.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, sê getuies het Pepeta te hulp gesnel en nooddienste na die toneel ontbied.

Pepeta is na die Cuyler-hospitaal gehaas vir mediese behandeling, maar het aan haar beserings beswyk.

Die polisie was in die omgewing tydens die voorval en het die verdagte op die toneel in hegtenis geneem. Daar is op sy vuurwapen beslag gelê en dit is vir ballistiese toetse gestuur. Swart sê dis prosedure om die vuurwapen weg te stuur om forensiese bewyse vir die ondersoek te verkry.

“Die stryd teen geslagsgebaseerde geweld moet steeds voortduur totdat diegene wat verantwoordelik is vir die aanvalle op kwesbare vroue en kinders in hegtenis geneem en tronk toe gestuur is,” sê Swart.

Die verdagte gaan Dinsdag in die Kwanobuhle-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Plaaskind ·

Geweld en moord net waar jy kyk – wat gaan aan met ons land? Die Satan loop tussen ons rond soos ‘n brullende leeu…

Gemaskerde Sopbeen ·

Die kultuur van geweld is oral. Ons voormalige President was blykbaar die leier/kampioen van “moral regeneration’ as ek reg onthou. So ons aanvaar maar die Regering is hier ook eintlik verantwoordbaar?

Jackie ·

Die 1ste vraag wat gevra moet word is: Is hy in een of ander mag, polisie, veiligheid of weermag? Indien nie, is hy gelisensieer vir die vuurwapen. Indien nie een van die 2 nie, waar kom die wapen vandaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.