Vrou doodgeskiet tydens plaasaanval

ʼn Vrou is Maandagoggend omstreeks 09:00 op ʼn plaas oorval en geskiet.

Kaptein Tselana Nkala, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die vrou, in haar laat 30s, is deur drie mans by haar plaas, Witklip, naby Hartbeesfontein in Noordwes, geskiet. Die vrou se naam mag nog nie bekend gemaak word alvorens haar naasbestaandes in kennis gestel is nie.

“Hulle het die vrou omstreeks 09:00 by die plaas se hek ingewag,” het Nkala gesê. “Sy wou die hek oopmaak toe die drie mans, wat weggekruip het, haar oorval en drie keer geskiet het. Hulle het met haar wit Toyota Venture met die registrasienommer FPY683NW van die toneel gevlug. Die vrou is kort na die voorval met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Sy het daar omstreeks 11:00 aan haar wonde beswyk. Dit is nog nie seker wat presies tydens die aanval geroof is nie,” het sy bygevoeg.

Nkala sê die polisie het inligting ontvang dat die mans die Venture verlaat het en is tans in ʼn bruin bakkie waarvan die registrasienommer onbekend is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Mense wat ʼn verdagte bruin bakkie in die omgewing gewaar, moet die polisie by 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudie Thirion ·

Ek vind dit nogal teenstrydig. Al haar naasbestaandes weet waarskynlik dat sy in haar laat 30’s is en dat haar plaas naby Hartbeesfontein Witklip is. Dus is haar identiteit wel deur hirdie berig bekend gemaak. “:Kaptein Tselana Nkala, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die vrou, in haar laat 30s, is deur drie mans by haar plaas, Witklip, naby Hartbeesfontein in Noordwes, geskiet. Die vrou se naam mag nog nie bekend gemaak word alvorens haar naasbestaandes in kennis gestel is nie.”

Johanna ·

Dit is baie hartseer dit is familie naby aan ons. Ons harte gaan uit na haar man en seuns asook haar bejaarde vader. Sy is in haar laat 40s. Teen die tyd weet al haar geliefdes al van haar hartseer dood wat sy gesterf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.