Vrou eis na honde-aanval

Argieffoto

ʼn 79-jarige vrou dagvaar ʼn egpaar van Noordwes nadat sy vier jaar gelede deur hulle honde aangeval is.

The Citizen berig dat Hester Nel van Mooinooi R234 000 eis van Gert en Maria van der Linde. Nel sê sy moes ʼn noodoperasie ondergaan na sy in April 2009 deur die Van der Lindes se boerboelreun en -teef aangeval is. Nel het verskeie snye en skaafplekke aan haar kop, arms, hande, bene en voete opgedoen sowel as beserings aan haar ligamente in haar bene en voete, volgens die berig. Nel is eers deur haar huisdokter behandel voor sy na ʼn hospitaal oorgeplaas is en die operasie ondergaan het. Volgens die berig het van Nel se wonde septies geraak en het sy verdere behandeling nodig gehad. Volgens hofdokumente het Nelverskeie letsels opgedoen waarvoor sy rekonstruktiewe chirurgie moes ondergaan en lei sy ook aan posttraumatiese stressindroom. Die Van der Lindes ontken egter dat hulle nalatig was en meen Nel is te blameer vir die aanval. Die egpaar sê hulle het Nel gewaarsku oor die honde en aan haar gesê om te bel voor sy hulle perseel binnegaan. Die hofgeding is onbepaald deur die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Seg Net ·

Die tannie het geld nodig, as sy swart was, was dit nou maklik, het net gaan steel.

Daniel Maartens ·

Gmpf…..bly om te verneem die ” wit ” ponie is op galop. Steek so bietjie wysheid uit op PRAAG ?

Willy ·

Wonder hoekom vier jaar na die tyd ‘n saak maak. En wie se skuld is dit dat die wonde septies geraak het. Sy moet maar op ‘n ander plek loop geld soek want as ‘n hofsaak eers onbepaald uitgestel is sê dit iets.

Boere-meisie ♡ ·

Want sy het waarskynlik nie gesorg vir ‘n goeie pensioen nie, en is nou in die knyp !!!! Enige aap kan dit aflei.

Trippie ·

Dit is jammer die bejaarde is aangeval deur die boerboele, MAAR, mense raak te gemaklik in ‘n ander se erf. Het self so ondervinding gehad met bure wat eiereg gebruik, nieteenstaande die feit dat hulle by verskeie geleenthede gewaarsku is om nie die perseel te betree sonder om my in kennis te stel van hul voorneme nie. Boerboele is liefdevolle honde, maar is baie beskermend ook.

Boere-meisie ♡ ·

Sal haar leer om nie Sommer net in enige ou se erf in te loop nie. Honde kyk uit vir hul eienaars….. dis haar eie skuld. Sy moes al 4 jaar terug aksie geneem het, en na haar wonde gekyk het.

Stuiwer ·

Nee wat Tannie. Nie die hond of sy base is te blameer vir jou oortreding nie.

Daniel Maartens ·

Mag ek vra as dit die geval is……..hoe moet honde van die prokureurs-orde n bestaan voer ? ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.