Vrou en 2 dogtertjies brand dood

ʼn Vrou en twee dogtertjies het Sondag in twee afsonderlike brande in Kaapstad omgekom.

Wilfred Solomons-Johannes, Kaapstad se rampbestuur-koördineerder, het gesê beide brande het in die vroeë oggendure in informele nedersettings in Kaapstad uitgebreek. “Die twee dogtertjies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, is dood nadat die plakkershuis in Phillipi, waar hulle gebly het, afgebrand het. Hul name mag nog nie bekend gemaak word nie,” het hy gesê.

“Die vrou wat verbrand het, is die 38-jarige Nolutando Nozana. Sy is dood toe haar plakkershuis in Lusaka tot die grond toe verbrand het,” het hy bygevoeg. Ses plakkershuise is in die Lusaka-brand verwoes en 24 mense is sonder heenkome gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.