Vrou en baba in kas toegesluit tydens roof

ʼn Vrou en haar 18 maande oue babaseun is vasgemaak en in ʼn hangkas toegesluit toe die huis waarin hulle gewoon het in Selcourt in Springs beroof is.

LookLocal berig dat die vrou verlede Woensdag by haar verloofde se pa se huis in Australstraat was toe twee mans oor die muur gespring het en die huis binnegekom het. Die vrou is glo met ʼn das vasgebind waarna sy en haar babaseuntjie in ʼn hangkas toegemaak is. Die hangkas se handvatsels is glo ook met dasse vasgebind. Die rowers het met die vrou selfoon en juweliersware van die eienaar gevlug. ʼn Tuinier wat by die huis oorkant die pad gewerk het, het die polisie in kennis gestel. Volgens Louis Hennings, voorsitter van die Selpark Gemeenskapspolisiesubforum, het hulle gesien die hangkas se handvatsels is met dasse vasgemaak toe hulle deur die huis geloop het. “Ons was geskok om die vrou en haar kind binne die kas te vind toe ons die deure oopgekry het. Die baba was doodstil terwyl hulle in die kas was maar het begin huil toe ons die deure oopmaak. Die vrou was histeries nadat ons ʼn das waarmee haar mond toegebind was verwyder het.” Hennings sê daar was binne 24uur ook twee ander huisrowe in die gebied.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.