Vrou en baba sterf in gru-botsing

‘n Vrou en haar ses maande oue baba is dood nadat drie motors en ‘n vragmotor vanoggend naby die Olifanstfontein-afrit op die N1 teen mekaar gebots het.

Die vrou se vierjarige dogtertjie en drie ander mense is ernstig beseer. Volgens ‘n woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, het die botsing plaasgevind nadat een van die voertuie glo skielik uitgeswaai het. ‘n Wit VW Polo het gerol en langs die snelweg tot stilstand gekom. Die ma het op die toneel aan haar wonde beswyk terwyl die ses maande oue baba kort hierna dood is toe hy per helikopter na ‘n nabygeleë hospital vervoer is. Volgens Vermaak is die vragmotorbestuurder en insittendes van die derde motor ongedeerd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.