Vrou en kat kritiek ná slangpik

nagadderʼn Vrou in haar 30s en haar kat is in ʼn ernstige toestand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal nadat ʼn nagadder hulle Woensdagaand omstreeks 20:30 gepik het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het buite die vrou se huis in die Harrison-omgewing van Inchanga plaasgevind.

“Na wat verneem word, was die vrou en haar kat buite haar huis en is albei naby die ingang van die huis gepik,” het Botha gesê.

Paramedici van Netcare 911 het die vrou op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem. Hulle het ook die kat na ‘n veearts geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

‘n Beslisde goue medalje aan die paramedici wat bereid was om die kat na ‘n veearts te neem, dit is wonderlik dat julle ook vir diere omgee. Ek hoop die kat en sy/haar nooi gaan beide ten volle herstel

GypsyZ ·

Slange byt. Met hul tande. Hoenders pik, want hulle het nie tande nie.

Kobus Versfeld ·

Na aanleiding van GypsyZ se opmerking dat slange BYT en nie PIK nie:Die verklarende HAT bl 835 sê duidelik dat “Slange en voëls PIK”…. Dit was nog altyd so gewees……..

GypsyZ ·

Hallo Kobus, “objection noted”. :) Dat slange pik is steeds ‘n bietjie van ‘n Afrikaanse tameletjie, ten spyte van wat die HAT voorskryf. “Slangpik” vertaal dus ook na “snake peck” (julle Engelse ouens kan nou maar ophou lag!) in Engels, schlangebiss in Duits ens. So, jy is heeltemal korrek in jou teregwysing (eina!), alhoewel dit (soos per HAT) nie noodwendig sin maak nie. Toemaar, ek hou maar net van ‘n bietjie debat en aanvaar nie altyd ‘n verklaring omdat iemand (in hierdie geval die HAT) sê dis die “wet” nie ;)

E J Otto ·

Nagadder word dikwels onderskat My ouma was 14 dae in n koma Sy het een aand besem by agterdeur uitgeskud en op nagadder getrap Was touch en go!

Jasper ·

Vreemd dat die kat ook deurgeloop het,. Gewoonlik is katte n slang se tier. Spoedige herstel vir beide.

Johan Viljoen ·

Die aksie van n slang en n hoender of voel is presies dieselfde, ek het in my hele 70 plus jaar nog nooit gehoor n slang byt nie.

Mary Sadler ·

Pik of byt? Ek dink dit hang af. Pik is vir my ‘n vinnige aksie van aanraak en los, soos ‘n gifslang sal doen om die gif in te kry, daarna sal hy sy prooi vasbyt sodat dit ingesluk kan word.
As ‘n mens dus met ‘n gifslang in aanraking kom, voel ek dis ‘n pikkery, maar ‘n luislang weer sal byt en hou.

LiGi ·

@GypsyZ
As diere met tande byt, hoekom praat ons dan van ‘n muskietbyt of -steek? En hoekom is dit in Engels nog steeds ‘n ‘mosquito bite’?. Elke taal het sy eie prag. Ek dink dit is wonderlik dat die paramedici aan albei gedink het! Hoede af vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.