Vrou ernstig beseer in kettingbotsing

Foto: ER24

ʼn Vrou is ernstig beseer Donderdagmiddag ná ʼn kettingsbotsing tussen 18 motors en ʼn vragmotor op die N3 naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal.

ʼn Woordvoerder van Er24, Derrick Banks, sê die vragmotor het omstreeks 14:15 sy vrag polipropileen balle verloor en talle motors kon nie betyds uitswaai nie. Banks sê die motors het op die wit stof gegly. ʼn Vrou in een van die motors het ernstige nek- en rugbeserings opgedoen en is na die Hillcrest-hospitaal geneem in ʼn kritieke toestand. Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.