Vrou ernstig beseer ná gly in kinderswembad

ʼn Middeljarige vrou van Pretoria is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Maandagmiddag in ʼn swembad in Garsfontein gegly en geval het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het by ʼn publieke swembad in Zitapark plaasgevind. “Na wat verneem word, het die vrou in die vlak swembadjie saam met kinders gespeel toe sy gegly en haar kop gestamp het. Sy het ernstige hoofbeserings opgedoen,” het Steinmann gesê.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.