Vrou ernstig beseer na mikrovliegtuig in rivier neerstort

Foto: ER24

ʼn Vrou is ernstig beseer nadat die mikrovliegtuig waarin sy ʼn passasier was in die Klein Brakrivier langs die N2 in George neergestort het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê paramedici het op die N2 gery toe hulle ʼn groep mense langs die rivier sien staan het. By nadere ondersoek het hulle vasgetel dat ʼn mikrovliegtuig met twee passasiers in die rivier neergestort het. Die vrou, glo in haar laat 20’s, was skaars by haar bewussyn en paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Die vrou is na die provinsiale hospitaal in Mosselbaai geneem vir verdere behandeling. ʼn Man, glo in sy laat 40’s, is ook beseer en op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.