Vrou ernstig beseer na motor by wal afstort

Foto: ER24

ʼn Vrou is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy beheer verloor het oor haar motor in Kampsbaai en dit sowat 30m by ʼn wal afgestort het.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die motor het verskeie kere teen die wal af gerol voor dit op groot rotse langs die see tot stilstand gekom het. Hy sê die bestuurder is in die wrak gevind en het nog haar veiligheidsgordel aangehad. Die vrou is op die toneel vir nek- en rugbeserings behandel en sy het ook verskeie sny- en skaafplekke opgedoen. ʼn Helikopter is gebruik om die vrou tot op die pad te lug voor sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleê hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.