Vrou ernstig beseer ná plaat op haar val

ʼn Vrou is Woensdagmiddag ernstig beseer nadat ʼn groot plaat by haar werksplek op haar geval het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het by ʼn nywerheidsgebied in Durban plaasgevind.

“Dit is in die stadium nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die groot metaalplaat het op haar been geval terwyl sy gewerk het en haar vasgepen,” het Botha gesê. “Die brandweer moes haar bevry deur haar los te sny. Sy is op die toneel gestabiliseer en in ʼn ernstige toestand na die Netcare hospitaal in Durban geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Die departement van arbeid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.