Vrou ernstig beseer na sy uit UP-gebou val

ʼn 20-jarige vrou is ernstig beseer nadat sy vroeg Sondagoggend drie verdiepings ver uit ‘n gebou by die Universiteit van Pretoria geval het.

‘n Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê dit is onbekend of die jong vrou gestamp is en of sy by die venster uitgespring het. Hy sê die voorval het by die manskoshuise gebeur. Wicks sê die vrou het op die grond gelê toe paramedici Sondagoggend omstreeks 04:30 by die toneel opgedaag het. Wicks sê sy het skaafwonde opgedoen. Hy sê dis ‘n wonderwerk dat die vrou leef, veral “as ‘n mens die hoogte van die gebou in ag neem.” Omstandighede rondom die voorval is nog onduidelik. Wicks sê die vrou is na ‘n hospitaal geneem. Sy was in ‘n ernstige, maar stabiele toestand.

Verlede week het ʼn 24-jarige vrou, Chantelle Stockel, glo selfmoord probeer pleeg by die universiteit se Hatfield-kampus. Stockel het haarself Woensdagaand in die maag geskiet. Sy het glo probeer selfmoord pleeg omdat sy nie verlede jaar daarin kon slaag om haar graad in regte te bekom nie. Stockel het glo nie vir haar ouers vertel dat sy gedruip het nie. Sy het glo haar pa se pistool gesteel en was van plan om haar lewe te neem op die kampus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.