Vrou ernstig na Egiptiese kobra haar pik

Die Egiptiese kobra wat die vrou gepik het. Foto: Netcare911

ʼn Vrou is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Donderdagoggend deur ʼn Egiptiese kobra gepik is in haar huis in Jakkalsdans naby Moloto, noord van Pretoria.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die vrou het glo vanoggend uit haar bed opgestaan om die lig aan te sit. “Toe sy terugloop is sy deur die 1m lange slang gepik, wat naby haar bed gelê het.” Wicks sê die vrou is op haar voet gepik en het baie pyn verduur. Sy is na die Steve Biko Akademiese hospitaal geneem vir behandeling. Die slang is doodgemaak en saam na die hospitaal geneem om geïdentifiseer te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.