Vrou gee geboorte in eetplek

ʼn Vrou het Maandag in ʼn kitskos-eetplek in die Durbanse middestad geboorte gegee.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die vrou het in kraam gegaan terwyl sy kos gekoop het. “Sy het gedink sy het genoeg tyd om by die hospitaal te kom maar haar kontraksies was te naby aan mekaar.” Banks sê die babadogtertjie is in die eetplek gebore waarna ma en baba na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.