Vrou gee geboorte op vlug na SA

ʼn Vrou het verlede week geboorte gegee op ʼn Virgin Atlantic-vlug van Londen na Johannesburg.

The Mirror berig dat kajuitlede ʼn bed uit kussings aan die agterkant van die vliegtuig gemaak het toe die vrou Donderdagaand op die vlug begin krampe kry het. Die vlug is na Palma, Majorka herlei in die hoop dat die vrou daar geboorte kan gee. Emma Goodman, kajuittoesighouer op die vlug, sê dit was egter te laat. “Die een oomblik het ons drankies bedien en die volgende oomblik het ons ʼn baba in die wêreld gebring.” Goodman sê passasiers het hande geklap toe die kaptein oor die interkom aangekondig het dat die babaseuntjie gebore is. Die vliegtuig het in Palma geland waar ma en baba in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem is. Die vrou was volgens berigte 32 weke swanger.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.