Vrou gehospitaliseer ná vark haar vertrap

Argieffoto

Argieffoto

Mary Smith (74) van Engeland moes 12 dae lank in ʼn hospitaal spandeer nadat ʼn vark van ongeveer 270 kg haar vertrap het.

Smith se been en gewrig is in die voorval gebreek. ʼn Trop varke het haar bestorm terwyl sy kleiner diere by vriende se plaas in Devon in die suide van Engeland gevoer het.

Die varke het glo deur ʼn heining gebars om by haar uit te kom, het Metro berig. “Ek het op ʼn manier daar uit gekom en ek het aan die heining gehang,” het Smith gesê. “Ek kan nie onthou nie. Dit was ʼn nagmerrie.” Die varke was vermoedelik agter die kos aan.

Smith het in die modder geval en kon nie beweeg nie. Die vark het haar vertrap.

“My regterknie is gekraak en my linkergewrig is gebreek,” het sy bygevoeg.

Die varke is moontlik afstammelinge van ʼn trop varke wat ʼn paar jaar gelede van ʼn nabygeleë plaas ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GN ·

Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op… Lui die bekende spreekwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.