‘n Munisipale amptenaar van die Oos-Kaap se liggaam is gevind ʼn dag nadat sy as vermis aangemeld is.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Jackson Manatha, sê Nwabisa Senge (25) het Saterdag van haar huis in Rwantsana gery om haar ma in Butterworth te gaan haal, maar het nooit daar aangekom nie. “Daar word vermoed dat sy tussen Rwantsana en Centane gekaap is.” Haar verlate motor is Saterdagmiddag in ʼn veld naby Theko Springs gekry. Senge se liggaam is laat Sondagmiddag by ʼn rivier in Centane gekry. Sy het beserings aan haar gesig opgedoen. Niemand is teen Maandagoggend in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.