Vrou gekeer om sterwende pa te groet

‘n Aktetikster van Klerksdorp, Hesta Kotze, is deur ‘n verkeersbeampte gekeer om haar sterwende pa te groet nadat hy haar vir ‘n beweerde spoedoortreding in hegtenis geneem het.

Beeld berig Kotze het Saterdag net na middagete op die N12 na die Mediclinic in Potchefstroom gery nadat die hospitaal haar laat weet het dat haar pa besig was om te sterf. Volgens Kotze het sy haar hoof- en noodligte aangeskakel en het ‘n verkeersbeampte naby die Ikageng-ingang in die pad gespring om haar af trek. Kotze sê sy het na die ander baan oorgegaan en aan die beampte, Pape Hadebe, gewys om agter haar aan te ry. Hadebe het glo die ingang by die Mediclinic met sy motor versper. Kotze het glo uit haar motor geklim om na die ingang van die hospitaal te hardloop toe Hadebe haar glo teen die heining gestamp en probeer boei het. Hy het gesê: ‘Shut up, bitch.’ Ek het gepleit en gekeer vir die boeie – toe spuit hy my met pepersproei. Ek was histeries…” Kotze se pa is intussen dood en sy is eers later na hom geneem. Sy is daarna na die polisiekantoor gevat en is borgtog toegestaan. Alle aanklagte teen haar is Maandag teruggetrek. Kotze gaan siviele stappe teen die verkeersman doen.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.