Vrou gesoek wat glo babatjie ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na ʼn vrou van Kilbarchan in KwaZulu-Natal wat glo verbind word aan die ontvoering van ʼn 13 dae oue babaseuntjie.

“Die baba, Siyamthanda Nkosi, is laas op 30 Desember omstreeks 11:00 saam met Nothando Nxumalo (25) by ʼn taxistaanplek in Newcastle gesien,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê. “Die baba se ma, Zanele Nkosi, het Nxumalo vroeër in Gauteng ontmoet en met haar by die taxistaanplek staan en gesels.”

Nxumalo het glo die baba se ma gevra of sy nie vir haar wil gaan skyfies koop by ʼn nabygeleë winkel nie. Nkosi het Nxumalo gevra om na die baba om te sien terwyl sy winkel toe gaan. “Toe die ma terugkeer, het Nxumalo en die baba spoorloos verdwyn. Sy het die baba vir haar gegee omdat sy haar vertrou het.”

ʼn Saak van ontvoering is oopgemaak.

Siyamthanda was toegedraai in ʼn blou en wit kombersie met sy naam daarop. Nxumalo het ʼn khaki-kleurige rok aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Ek verstaan nie. Jy het sopas iemand ontmoet, en jy gee vir haar die baba om vir jou vas te hou? En gaan koop skyfies???

CindY23 ·

Sjoe, dit was baie onverantwoordelik van die mamma… as ek weet hoe is ek met my 2 jarige! Nog nooit ‘n sekond uit my sig nie!! Nie eers by familie nie! :( ek hoop regtig hierdie storie het ‘n gelukkige einde :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.