Vrou gevonnis na sy kind na SA smokkel

hofhamertjie31‘n 41-jarige vrou is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in die Nelspruit-streekshof nadat sy ʼn baba in Mosambiek ontvoer en na Suid-Afrika gesmokkel het.

Eliza Zefaro Gwambe van Mosambiek het skuldig gepleit op die aanklagte teen haar. Landdros Willie Wilkens het gelas dat Gwambe haar vonnis in Suid-Afrika moet uitdien voor sy na Mosambiek gedeporteer sal word. Wilkens het aan die hof gesê Gwambe het harteloos opgetree deur die kind van sy ma te steel. Gwambe is op 29 Desember 2011 in hegtenis geneem. Sy was in ʼn taxi op pad na Johannesburg toe ander passasiers agterdogtig geraak het oor die twee maande oue baba wat sy by haar gehad het. Die taxibestuurder het de polisie ontbied en Gwambe is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.