Vrou gevonnis vir 3-jarige se grumoord

Argieffoto: https://pixabay.com

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Anthea Kleynhans (39) is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die grusame moord op haar kêrel se driejarige dogtertjie.

Eric Ntabazalila, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Kleynhans is tot 18 jaar regstreekse tronkstraf gevonnis vir die moord op die dogtertjie, Lache Stols.

“Lache was drie jaar oud toe sy dood is. Sy is deur haar pa se meisie vir meer as drie maande van Oktober 2011 tot Januarie 2012 mishandel. Haar liggaampie was vol wonde en kneusplekke en sy het gebreekte arms en ʼn gebreekte skedel gehad,” het Ntabazalila gesê.

“Lache het ook ʼn gekneusde ribbekas gehad nadat sy te hard gedruk is en stukkende plekke aan haar mond gehad wat ʼn aanduiding was dat sy in die mond geslaan is. Sy het ook ronde brandplekke op haar voetjies gehad. Die ergste beserings is 18 uur voor haar dood toegedien.”

Die dokter wat die nadoodse ondersoek gedoen het, het aan die hof gesê dit was die ergste soort mishandeling wat hy al ooit gesien het.

“Lache is baie erg deur die beskuldigde mishandel. Die beskuldigde het dit nie ontken nie, maar haar optrede regverdig deur te sê dat die kind haarself bevuil het. Vir haar was dit die ergste toe sy haar broek langs die toilet vuilgemaak het en dit is toe die aanrandings begin het. Lache is erg geslaan elke keer dat sy haarself vuilgemaak het. Sy het die kind soveel keer geslaan dat sy telling daarvan verloor het.”

Kleynhans het haar optrede weggesteek en niemand daarvan vertel nie. Sy is ná die dood van Lache in hegtenis geneem.

Die hof het haar tot 13 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord. Sy is ʼn bykomende sewe jaar tronkstraf opgelê op aanklag van kindermishandeling. Die hof het beveel dat twee jaar van die vonnis vir kindermishandeling gelyklopend met die vonnis van moord uitgedien word.

Kleynhans is verbied om met kinders te werk en haar naam moet op die Nasionale Kinderbeskermingsregister geregistreer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Narisha ·

Slegs 18 jaar!!!!!!
Die Regering steek al hoe meer sy mense en kinders in die skande met die patetiese vonnisse wat toegestaan word. Sy moet lewenslank sit en vrot. Wat elke dat deur daardie arme kind se kop moes gaan, die pyn, die seer, die vrees is nie regverdig vir 18 jaar nie.
Julle is vinnig om te protes teen kindermishandeling, wys dan vir n slag hoe belangrik is kinders se welstand vir julle…..hou op praat en voer die daad by die woord.

Francis Linstrom ·

Dit is absoluut onaanvaarbaar dat bykomende vonnisse wat opgelê word gelyktydig saam met 1ste vonnis uitgedien word. Dit maak absoluut geen sin nie en is n totale klug. Die vrou moes in elk geval lewenslank gekry het. Wreder as wreed.

Is dit al? ·

Die straf is nie swaar genoeg nie. Net 18 jaar omdat jy ‘n kind gewetenloos mishandel en vermoor, maar ouens wat iemand dwing om in ‘n kis in teklim en hom nie eers ooglopend aanrand nie, word 14 jaar gevonnis. Belaglik.

Ruby ·

Ek stem saam.

Die straf wat vir die verskillende partye opgelê is maak van die regstelsel ‘n sirkus.

Annie ·

En van die 18 jaar kom sy na 9 jaar in aanmerking vir parool…. so sy sit net die helfte van die tyd.

Heidi ·

Ek stem 18jr hopeloos te min, daai kind is nie gegun om ‘n lewe te hê nie, maar ouens wat iemand net skrik gemaak het en nie moord gepleeg het nie kry soort gelyke straf….belaglik!!!

Jacqui ·

Hoekom nie lewenslank nie???? Ons regstelsel is te sag met kindermoordenaars

Karinda ·

Nou hoe het die pa nie daarvan geweet nie. Hy moet soos in Poppie se geval ook aangekla word saam met die vrou.

Ada ·

Wat gaan aan met die mense?
Kry hulle kinders met die uitsluitlike doel om die arme goedjies te mishandel of wat?
Die vonnis is te min!!Sy moet lewenslank kry – want dit is wat sy verdien. Waarom kry hierdie tipe mense sulke ligte strawwe? Besef die regters of landrosse nie die erns van die saak nie?

michelle ·

Dis n skande. Net 13 jaar!!!!! Was die kindjie se lewe nou minder werd omdat sy so klein was?

Ongelukkig ·

Daai vrou en mense soos sy en poppie se ouers moet nooit weer die son sien skyn nie. Lewenslank is te kort vir sulke mense.

WAT??? ·

Dit is soos om iemand te slaan op die hand en te sê, moet dit nie weer doen nie. Ons regstelsel moet ‘n nuwe blaadjie omslaan en begin dink wat hul doen. Daai kind het nie eers die begin van haar lewe gehad nie.

Baie ontevrede met die vonnis!!!

honourable member ·

Ek wil net weet wat se tipe mens doen dit aan n weerlose kind. Mens het nie woorde nie..

Shirley ·

Die straf is te lig vir herhaaldelike aanranding met die doel om erenstig te beseer en uiteindelik moord op ‘n weerbare klein dogtertjie wat nie haarself kon verdedig nie. Hoe is dit moontlik dat niemand in weke die merke op haar klein lyfie kon sien nie. Hoe is dit moontlik dat niemand dit rapporteer het nie. Dink daar is meer mense wat verantwoordelik gehou moet word vir haar dood. Die mense wat verantwoordelik was vir haar het haar gefaal. Skrikwekkend dat so baie mense niks agter gekom het nie?

Leoni ·

‘n Land se ‘gesondheid’ word geken aan hoe hy sy kinders en bejaardes behandel… Suid Afrika het dringend behandeling nodig

Cherokee ·

Oor 18 jaar sou Lache mondig gewees het. 21 gewees het, en haar moordenares vier dit deur in haar vroë middeljare by tronkdeure uit te stap en met ‘n beroep voort te gaan wat sy in ‘n tronk gaan leer.

Hartjie ·

Waar was die pappa ? Mense moes tog die kindjie se gehuil gehoor het?
Hoekom Wil ons nie betrokke raak nie en Dan as die verloor plaasvind is mense so vol wysheid en wys die vinger na almal behalwe hulself.

Cynthia ·

Skrikwekkend! Dat ons regstelsel n moord op n kind as niksseggend beskou! Sy moet lewenslank kry! Pa waar was jy?jy het nooit aandag aan jou kind geskenk nie anders sou jy die beserings gesien het of miskien moes jy net na haar luister! Hy is net so skuldig

Christien ·

Sulke dinge maak my woedend.Doen aan haar wat sy aan die dogtertjie gedoen het en dan kyk ons hoe sy daarvan hou.

Vra maar net ·

Hoekom word die mense van die gemeenskap waar dit gebeur het nie ook van moord en nalatigheid, en dat hulle niks gedoen het om haar te red nie, beskuldig soos wat met die Poppie saam in Orania nie. Hulle moet mos ook geweet het en die kleintjie verwyder het uit so ‘n huis.

Petro ·

Ag nee. Dis siek om te dink n volwasse mens doen dit aan n kind. Sy was net 3. Soos arm Poppie. Waar is die DOOD Straf?

Val ·

OOh neeee…As ek so iemand moet tee kom…sal ek die een wees wat tronk toe gaan….
Hoe kan ‘n mens ‘n onskuldige kindjie leed aan doen??? Jy moet regtig siek in jou kop wees…

Nalyd ·

Ai, ek kry trane in my oë vir wat daardie dogtertjie deurgemaak het. Hoe kan ouers dit aan ‘n kind doen? Was daar niemand wat dit betyds raakgesien het nie? En maar net 18 jaar!!!

treurgrond ·

Sad sad sad – 13 jaar vir iemand wat ‘n doggie basies doodgeslaan het. ‘n onskuldige doggie. My vraag ook waar is die doodstraf. Gaan mense ooit ‘n les leer. Stem saam met die ander mense – die PA moes in die rondte gewees het. Hoe kon hy dit toelaat. Liewe Jesus ek weet U dag van oordeel sal daar wees. Dankie dat Lache veilig by U is Jesus.

Martie ·

Dis hoekom daar so baie moorde in die algemeen is, 13 jaar vir n moord! Dis belaglik!! Bring die doodstraf terug!!

Altie ·

Dis verregaande! Sy en Poppie se ouers moet lewenslank sit. Ek hoop regter Bam hou als dop en neem n aggresiewe besluit met hul vonnis Februarie. Die vrou kon baslis langer sit. Vergeleke met die doodskis manne……is dit n grap! Ek wens daai twee mans kry bonatuurlike guns en die saak word geskrap! Die “slagoffer” lewe voort en kry n huis op die koop toe!!! Dis om van naar te word……rerig!

Kat ·

Die ligte vonnis is nog n klap in die oorlede kindjie se gesig.

Woedend ·

As n onderwyser n kind net tik is hulle hulle werk en pensioen kwyt maar as jy n kind doodmaak kry jy net n paar jaar agter tralies. Ons regsstelsel is n grap! Rus sag Lache, jy is nou in ons Hemelse Vader se arms waar niemand jou ooit weer seer kan maak. Net jammer jy moes in jou kort lewetjie soveel pyn ervaar. Hierdie mamma se hart is stukkend oor jou, poplap!

Vera du Toit ·

Dit noem nie hierbo waar die pa in hierdie tyd was nie, maar as hy teenwoordig was, is daar geen, maar GEEN verskoning dat hy nie iets kon agterkom en intree nie. Ek sou hom definitief ook aangekla het, mits hy ook daar was. Hoe sal ‘n kind dan 3 maande by ‘n stiefouer gelos word? Iemand moes seker kontak met hulle gehad het en iets gesien het, maar mense is mos te bang om ‘betrokke’ te raak.

Jan Publiek ·

Kan die staat apeal aanteken soos met Oscar vir n swaarder vonnis?

rafel ·

Ek kan nie meer nie nie. Hierdie gruwelikhede is te veel. Tyd dat hierdie wereld tot n einde kom.

Riette ·

Sy het haar stiefkind só aangerand.
Waar was die kind se biologiese Mamma en Pappa?
Baie stiefouers mishandel die stiefkind omdat dié nogsteeds beteken die ouers moet nog met mekaar kontak hê.
Dis jaloesie!! Dis siek!! Daai baba wat die Rodriques vrou ook laat vermoor het uit jaloesie!!
Mans en vrouens wat kinders mishandel moet historektomy en kastrerings kry, dieselfde met pedofiele.
Ons arme wereld. Kinders van vandag is so verward met al die lelik wat hul elke dag moet sien, hoor en beleef.
Hopelik sal die nuwe generasie die regstelsel juis daaroor regruk, ordentlike vonnisse uitdien en die doodstraf terugbring!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.