Vrou glo aangerand tydens Cosatu-betogings

Die foto is deur @RobertBradley_2 op Twitter gelaai.

ʼn Vrou van Rustenburg in Noordwes is glo Woensdag tydens Cosatu se landswye staking deur betogers aangerand.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê die 25-jarige vrou is glo aangerand nadat sy na bewering ʼn 43-jarige man raakgery het. “Die vrou was op pad na haar kantoor waar die strate afgeblok was weens die staking en verkeer is herlei.” ʼn Groep betogers het glo die vrou se voertuig gevolg nadat sy glo die man raakgery het. “Hulle het die vensters van haar motor stukkend geslaan voor hulle haar glo uit die motor geruk en aangerand het.” Twee polisiebeamptes het gesien wat gebeur, en het die vrou na die polisiestasie geneem. “Haar motor is deur die betogers omgekeer.” Ngubane sê ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek rakende die skade aan die vrou se voertuig. Hy sê ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur word ook ondersoek rakende die ongeluk waarin die voetganger beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.